Gedagte vir die dag: Maar verlos ons van die Bose

lighuis_sonsondergang_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. (Efesiërs 5:8)

Jesus weet dat die Satan juis op die uitkyk is vir sy dissipels. As die Bose Hom versoek het, hoeveel te meer sal hy Jesus se volgelinge versoek?

Dit het toe gebeur. Judas het Hom verraai, Petrus het Hom verloën en die ander het Hom in die nag van sy grootste beproewing in die steek ge­laat en weggekruip. Hulle het Hom drie jaar lank gevolg; Hy was hul Leer­meester, hul Leier. Hulle het gesê dat hulle Hom liefhet en nogtans het hulle Hom verlaat.

Satan het alles in berekening gebring, hul afhanklikheid van Jesus as leier, hul inherente swakhede – Judas se geldgierigheid, Petrus se lafhartigheid, die verwarring toe Jesus gestroop is van sy waardigheid. Die duisternis van daar­die nag het op hulle toegesak en hulle hart en siel binnegedring. Hulle het vergeet wie en wat hulle was en wat Jesus hulle belowe het, ook waarteen Je­sus hulle gewaarsku het.

Paulus herinner die Efesiërs daaraan dat hulle die duisternis oorwin het, dat hulle ligdraers vir Jesus is en so moet leef. Ongelukkig het die Bose die manier om op die uitkyk te bly, altyd op soek na ’n krakie in die mondering van enige soldaat vir Christus. Hy slaan toe in jou donkerste oomblik­ke, wanneer die ou mens wat jy voor jou bekering was, weer kop uitsteek. Wees bedag daarop. Volhard in gebed, sodat die Bose geen houvas meer op jou lewe sal hê nie.

Liewe Here, bewaar my teen die listigheid van die Bose, beskerm my teen sy influisteringe, teen sy opdringeringheid en dikvelligheid. U weet hy loop rond soos ’n brullende leeu, gereed om enigeen wat hy in die hande kry, te verslind. Here, verlos ons.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theuns ·

HERE, ons struikel en val elke dag! Dit is ‘n geveg teen die bose. Maar U tel ons weer op! Here gee ons asseblief ‘n lewe van oorwinning! Prys U Naam. Amen!

Graeme ·

The dark side of the Force is a pathway to many abilities some would consider unnatural….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.