Gedagte vir die dag: Medewerkers van Christus

Skriflesing:Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die seën. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee” (Matt 14:19).

Dit is wonderlik dat God mense gebruik. Daardie dag op die grasbedekte heuwel langs die See van Galilea sou die dissipels weinig aan die nood van die mense kon doen as Christus nie die brood gebreek en dit vir hulle gegee het om uit deel nie. Jesus het hulle by die wonder betrek deurdat hulle in die eerste plek die bietjie wat hulle gehad het na Hom toe gebring het – en daarna deur hulle te vra om die voedsel wat Hy geseën en vermeerder het aan die skare uit te deel.

So dikwels wil die Here ons gebruik om vir iemand ʼn seën te wees. Hy seën ons sodat Hy déúr ons ook ander kan seën. Jy het dalk al die woorde van hierdie lied gehoor: “Oh, to be His hand extended/reaching out to the oppressed/let me touch Him, let me touch Jesus/so that others may know and be blessed.”

Kan dit wees dat die Here soms ook vir ons nodig het? Kan dit wees dat die Almagtige deur ons ongehoorsaamheid of onwilligheid beperk kan word? Dat iemand seën kan misloop omdat ons onwillig is of nie beskikbaar is om deur die Here gebruik te word nie? Laat ons dan met ootmoed en dankbaarheid besef dat die Here ons roep en nooi om sý medewerkers te wees; om deel te hê aan sý handelinge met hierdie wêreld, en om eendag te hoor: “Mooi so, goeie en getroue dienaar …”

Gebed: “Dankie dat U ook vir my kan en wil gebruik in u diens, Here. Maak my bereid om tot u beskikking te wees. Amen.”

 Outeur: Dr. Isak Burger: President van AGS van SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

william ·

Na meer as 2 duisend jaar van Christendom het dit nog geen impak op die mensdom gehad nie. Vir my is dit duidelik dat ons mis die punt. Jesus was n doodgewone mens maar hy het iets in homself ontdek en hy se dat dit fundamenteel in elke mens is. Ons hemel vir Jesus op maar luister nie wat hy vir ons se nie. “Julle kan soos ek wees se hy vir ons. Elke mens het n god potensiaal in hom en dit is wat ons moet soek en ontdek. Jesus was nie in n stal gebore nie. Sy ma was nie n maagd nie en hy het nie opgestaan uit die graf nie. Lank voor Jesus op die toneel verskyn het was daar omtrent 5dosyn gode wat in stalle gebore was. Hulle moeders was glo maagde. Hulle het aan kruise gesterf. Die hindu god Khrisna was ook in n stal gebore en aan n kruis gesterf.
Jesus se vir ons om in onsself te kyk. Vind die god in jouself. Elke mens is die kaptein van sy eie skip. Die mens probeer om die Bybel letterlik te verstaan maar Jesus maak gebruik van metafore, beeldspraak, simbolisme en gelykenisse om n geestelike en spirituele boodskap aan ons oor te dra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.