Gedagte vir die dag: As mense agteraf is en sleg praat van jou

 Psalm 35:1,2,9 – Here, baklei vir my teen hulle wat met my baklei. Veg teen hulle wat teen my veg. Kom help my teen mense wat my aanval. Ek is baie bly oor wat die Here doen. Ek sal opgewonde jubel omdat Hy my lewe red.

Suid-Afrika het ‘n nasionale voël, nasionale volkslied en ‘n nasionale blom. Ons is bekend vir ons goud en ander minerale. Dit is nou nie nasionaal nie, maar dis ongelukkig wyd en waar: Ons is ook ‘n nasie wat hou van kwaadpraat en mekaar slegsê. Daar is heeltemal te veel mense wat mekaar beskinder en in die rug steek. Daar is heeltemal te veel mense wat agteraf is en niks goeds van ander mense kan sê nie.

Dalk was jy al iewers ‘n slagoffer van dié tipe “nasionale sport” in Suid-Afrika. Dalk het jy al aan jou lyf gevoel hoe onwaar stories van jou as die waarheid agter jou rug versprei word. Dalk het jy al ‘n rugstekery beleef van iemand van wie jy dit glad nie verwag het nie.

Dis in tye soos hierdie wat jy ook jou hart teenoor die Here kan uitpraat. Dis in tye soos hierdie wat jy na Hom kan draai en weet Hy verstaan. Jy hoef jouself nie te verdedig nie. Jy hoef nie terug te baklei nie. Gee ook die saak volledig oor aan die Here en vertrou Hom om dit vir jou op te los. Hy sal jou beskerm en red.

Gebed: Here, ek draai na U in hierdie moeilike en swaar tyd. Dankie dat U my hart ken en verstaan. Red my asseblief, Here.

Kwaadpraters is roofdiere wat nie eens wag tot hulle slagoffers dood is voor hulle hul verskeur nie.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.