Gedagte vir die dag: Moenie moed opgee nie

Sonsopkoms-strand-Nathan-Steyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. (2 Kor 4:16-17) 

Lees 2 Korintiërs 4:16-18

Paulus kon dit regkry om selfs in die moeilikste omstandighede nooit moed op te gee nie, juis om dat hy die geheim geken het wat miljoene Christene laat aanhou hoop het, ten spyte van hulle haglike omstandighede. Hy het geweet dat aardse swaarkry verdra kan word, omdat God se kinders die belofte het dat dit sal verbygaan én dat dit boonop vir hulle sal uitloop op ’n heerlikheid wat vir altyd sal aanhou.

“Ons gee nooit moed op nie, ook nie wanneer ons rondgestamp en mishandel word nie. Nee, dan byt ons eers vas, want God is die hele tyd by ons,” lui Die Boodskap se weergawe van vandag se teksvers. Jy kan hierdie belofte vir jou neem as jy weer met swaarkry gekonfronteer word.

Geen swaarkry is heeltemal onuithoudbaar as jy weet dat God by jou is nie. Daar op jou siekbed, langs ’n oop graf, wanneer jy jou werk verloor of wanneer mense jou in die steek laat, is jy nooit sonder Hom nie. Hy wil jou met sy liefde en teenwoordigheid omvou.

Hemelse Vader, ek loof U vir die seker wete dat U by my is, ook wanneer dit werklik moeilik gaan. Dankie dat ek aan my hoop kan vashou omdat ek glo dat vandag se swaarkry vir my uiteindelik op ’n heerlikheid sal uitloop wat vir altyd sal bly. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.