Gedagte vir die dag: ’n Bevoegde regter?

Paternoster_strand_rots_SuneVanHeerden.jpg

Foto: Suné van Heerden

“Laat die een van julle wat ’n skoon gewete het, eerste ’n klip op haar gooi.” Johannes 8:7

Die skrifgeleerdes en Fariseërs het ʼn vrou, wat op owerspel betrap is, na Jesus toe gebring. Hulle wou haar volgens die wet stenig. Hulle stel toe ʼn strik vir Jesus en vra wat Hy dink.

Jesus antwoord: “Wie van julle is waardig om regter te wees oor ander? Wie van julle, wat ander so graag veroordeel, is nie self ook skuldig voor God nie? “

As jy reken jy is waardig genoeg om die regter te wees, doen dit dan gerus. Maar weet vandag dat indien jy hierdie vrou veroordeel en self onwaardig is, jy onder dieselfde oordeel sal val. Die vraag is nie of wat sy gedoen het reg is nie. Dit is nie. Die vraag is of júlle enigsins in die posisie is om die vonnis te voltrek! Die vraag is nie of sonde geoordeel sal word nie. Dit sal. Die vraag is wié die oordeel moet fel. Daar is ’n Regter, maar dit is nie julle nie.”

Erken Jesus as die Regter oor almal – ook jouself. Moenie in jou soeke na regverdige uitsprake self in onreinheid verval nie. Let op jouself en vertrou God vir die oordeel.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.