Gedagte vir die dag: ʼn Eensgesinde familie is vir die Here belangrik

familiePsalm 133:1,3 – Hoe mooi, hoe wonderlik as broers en susters regtig vir mekaar lief is. Dit is soos dou wat vroegoggend van die Hermonberg afloop tot op Sion. Broers en susters wat regtig vir mekaar omgee, word deur die Here geseën; elke dag beleef hulle sy goedheid, elke dag van die lang lewe wat Hy skenk.

Daar is baie terreine van die lewe wat vandag as ʼn slagveld beskou kan word. En daarvan is verseker gesinne waar daar baie onnodige en gevoellose skermutseling plaasvind soos ouers, broers en susters mekaar vernietig. Dit wat God bedoel het die oase in die woestyn moet wees, naamlik die gesin, het in baie gevalle die woestyn self geword. Die gesin is vir God baie belangrik. Reeds in Eksodus word die hoofde van gesinne aangesê om vir hulle gesinne ʼn lam te gaan vang. Daar wys God juis dat die gesin vir Hom belangrik is. Josef en sy broers is ʼn ander goeie voorbeeld van waar ʼn gesin mekaar seermaak en nie in harmonie saamleef nie. Gelukkig verander die prentjie na ongeveer 13 jaar en is daar versoening tussen Josef en sy broers. God ag die gesin hoog en eenheid in die gesin is vir Hom baie belangrik. Daarom kan jy nie genoeg uit jou pad gaan om julle huis vir mekaar ʼn aangename leefplek te maak nie. Ja, jou huis moet ʼn tuiste wees waar almal mekaar waardeer en respekteer. Stel die voorbeeld en maak van jou huis ʼn warm tuiste.

Liefdevolle verhoudings is ʼn gesin se beste beskerming teen die uitdagings van die lewe.

Gebed: Here, laat my die voorbeeld stel en my gesin hoog as en dien. Maak my die een wat ons huis doelgerig ʼn lekker plek vir almal maak tot u eer.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.