Gedagte vir die dag: ʼn Groeiende geloof

Argieffoto (Foto: Joshua Earlel/Unsplash)

“Alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou.” (Markus 11:24)

Skrifgedeelte
Markus 11:24 (NLV)

Oordenking
Gebed plaas geloof in God en beweeg God se hand wat die wêreld beweeg. Slegs God kan berge versit, maar geloof en gebed beweeg God. Toe Jesus die vyeboom vervloek het, het Hy sy almag getoon. Hierop het Hy gesê dat ʼn groot krag deur geloof en gebed vrygestel word, nie om dood te maak nie, maar om lewend te maak.

ʼn Geloof wat dinge laat gebeur, word hier beskryf. Hierdie geloof is ʼn bewustheid van God, ʼn ervaring van sy teenwoordigheid, ʼn feit.

Groei jou geloof deur die jare, of sterf dit af? Staan jou geloof sterk te midde van toenemende sonde en wanneer die liefde van baie afkoel?

Gebed

Here, slegs U kan berge beweeg, maar dankie dat my geloof en gebede U laat beweeg. Ek loof u Naam. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.