Gedagte vir die dag: Nóú meer as ooit

Argieffoto (Foto: Patrick Tomasso/Unsplash)

“Gee mekaar ʼn kans sonder om mekaar met kritiek uitmekaar te skeur. Kyk ook by mekaar se foute verby. Die Here het immers by al julle foute verbygekyk. Daarom word daar niks minder van julle verwag nie” (Kolossense 3:13).

Skrifgedeelte
Kolossense 3:13

Oordenking
Dit is nie altyd maklik om te vergewe nie, en tog is dit maar altyd die eerste prys juis omdat vergifnis die enigste pad is om afgebreekte brûe weer te herstel.

  • Dalk is jy glad nie die skuldige een in ʼn gebroke verhouding nie en is dit eintlik die ander persoon wat na jou toe behoort te kom. Wees in elk geval die minste.
  • Dalk wil daardie persoon nie jou opregte vergifnis aanvaar nie. Wees in elk geval goed vir hom of haar.
  • Dalk kan die verhouding – ongeag jou probeerslae – nooit weer heeltemal herstel nie. Bly in elk geval jou opregte liefde gee.
  • Dalk is dit te laat om jou vergifnis aan te bied omdat daardie mens nie meer daar is nie. Vergewe dan jouself.

 

  • Hierdie oordenking verskyn in Net soos jy is deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Amen….Here waar ons worstel met die saak…bid ek vir die teenwoordigheid van die Heilige Gees om my te lei en te leer om U wil te doen…en te luister as om te praat…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.