Gedagte vir die dag: Om geloof te hê

Argieffoto (Foto: Sixteen Mileso/Unsplash)

“’Dit verseker Ek julle, julle kan vir hierdie berg sê: ‘Mag God jou oplig en in die see gooi,’ en dit sal so gebeur. Al wat nodig is, is dat julle regtig sal glo en nie in julle harte twyfel nie.” (Markus 11:23)

Skrifgedeelte
Markus 11:23 (NLV)

Oordenking
Geloof is die essensiële eienskap in die hart van enige gelowige wat meer effektief met God wil kommunikeer.

Hy moet glo en in geloof uitreik na die dinge wat nie gesien kan word nie. Gebed is geloof wat sy natuurlike en onmeetlike erfenis in ontvangs neem. Wanneer geloof ophou bid, hou dit ook op bestaan.

Geloof doen die onmoontlike, want dit laat God toe om dit vir ons te doen, en niks is vir God onmoontlik nie. Hoe groot en onbeperk is die krag van geloof nie!

Gebed

Here, ek weet as ek effektief met U wil kommunikeer, het ek geloof nodig. Dankie dat die onmoontlike altyd moontlik is by U. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.