Gedagte vir die dag: Om soos Hy rein te wees

Argieffoto (Foto: Omar Elsharawy/Unsplash)

“Vertrou jy Jesus so dat jy dít van Hom verwag? Wel, maak dan Jesus se optrede die patroon van jou lewe: soos sy lewe skoon en sonder foute was, so moet joune ook wees” (1 Johannes 3:3).

Skrifgedeelte
1 Johannes 3:3

Oordenking
Dit is nogal erg om te dink dat ons God van ons verwag om sy Seun se absolute reinheid en sondeloosheid uit te leef. Tog vra Hy dit van ons. En dan sê Hy verder dat ons dit kán doen, nie omdat ons óns is nie, maar omdat Hy Hý is. En omdat Hy in ons is om ons meer soos Hy te maak.

Hoe meer daar dus van mý in my is, hoe minder gaan daar van Hóm in my wees, en hoe skraler is die kans dat ek sy skoonheid sal kan uitleef. As ek en jy dus graag iets van ons Meester se algehele goedheid wil vertoon, sal ons soos Hy:

  • Elke dag onsself moet leegmaak van onsself.
  • Sy Gees moet toelaat om ons gedagtes en hart te vul.
  • Sy Woord ons eie moet maak en daarvolgens leef.

Dít is God se wil dat ons sy beeld sal uitleef, dit is sy wil dat ons sy grootheid teenoor die wêreld sal vertoon, en dit is sy begeerte dat ons dit sal regkry, omdat Hy dit deur ons kán doen.

  • Hierdie oordenking verskyn in Net soos jy is deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here U wat my so goed ken…U weet van elke worsteling….wanneer ek struikel oor my eie ek..Here kom vul my met U Gees…tot in alle Ewigheid is U by my…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.