Gedagte vir die dag: Onthou jou beloftes

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Wanneer jy ‘n gelofte aflê teenoor die Here jou God, moet jy nie traag wees om dit na te kom nie (Deut 23:21).

Hoekom is katkisante nooit in die kerk op die Sondag na hulle belydenis van geloof afgelê het nie?” wonder ‘n kollega. Net die vorige Sondag het hulle baie plegtig belowe dat hulle aan die Here getrou sal wees en getrou sal wees in hulle kerkbywoning. En nou skitter hulle in hulle afwesigheid. Dis asof hulle ‘n bietjie vakansie wil hou nadat hulle hulle “boerematriek” deurgekom het.

Dikwels sien ons hulle jare later eers weer, as hulle getroud is en self kinders het. Is dit die soort toewyding wat die Here verbly? Seker tog nie. In vandag se Skrifgedeelte het ons oor baie sake gelees wat nie baie met mekaar te doen het nie. Maar hierdie een is baie belangrik.

Die Here neem kennis van wat ons aan Hom belowe. Daardie gelofte wat ons maak om in die huwelik aan mekaar getrou te bly tot die dood ons skei, is belangrik. Hy wil ons graag gelukkig getroud sien.

Daarom moet ons volgens sy Woord saamlewe. Ons sal verseker misverstande en versoekings ervaar, maar as ons op die Here vertrou, sal Hy ons deur elkeen veilig bewaar (I Kor. 10:13).

Wanneer ouers hulle kinders bring om gedoop te word, maak hulle ‘n gelofte om daardie kind deur hulle woorde en voorbeeld op die pad van die Here te begelei. Jy belowe ook om te sorg dat die mense wat jou kind onderrig, daarmee sal help. Waarom is dit dan dat so min gesinne deesdae nog getrou saam huisgodsdiens hou? Kom ons onthou wat ons belowe het, en doen dit!

GEBED: “Here, dit is so maklik am dinge aan Ute bela we. Help my am elke belofte na te kom.”

Bron: Uit die Beek, 2012 -Attie van Wijk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

UT Mijnhatdt ·

n Beesboer het al na dieselfde geleentheid ,matriek rond, verwys as die” beesdip”. Jaag hulle in die kraal , drukgang , stert draai of of protter en die voorste een spring . So n bees sien jy vir dae nie . Ons is tipe van gedreig met die dood om ‘ te slaag of jy is so goed soos hel toe . Met daardie versekerdheid dat ek nou OK is , is ek die jongmenslewe in , ongered maar versekerd . Die “boerematriek” het my nie die Handelinge 2 vrystelling gegee nie .

Ek het my laat ingeskryf vir die Rom_8:30 kursus ” en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. Die kursus wat met die Handelinge 2 inleiding begin duur voort met n Jud 1 verwagting Judas1:20″ Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid . Judas 1:21 en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag .

Een van my leermeester wat die bestemming bereik het ,2Titus”_4:7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. ”

Wat ek van my skoolloopbaan agtergekom het, onderwysers daar leer maar uit hulle onkunde,Handelinge_17:23″ Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.”
my ouers het my daar ingeskryf want dit was hul ou skool Matriek by enige dubbel medium skool soos daardie doen vir jou – NIKS

Gert Bodenstein ·

Dankie, maar ek het alreeds op die gedagte van die dag komentaar gelewer op my faceboek bladsy oor “Ek het jou geken nog voor jou geboorte ens”
Ek hoop dat niemand te na gekom is met my opmerkings nie.

dankie en Liefde

Gert

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.