Gedagte vir die dag: Ontsag

Argieffoto (Foto: Sixteen Mileso/Unsplash)

“Wees nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange (Filippense 2:3-4).

Skrifgedeelte
Filippense 2:3-4

Oordenking
Die wêreld het baie sinies geword. Niemand glo meer iets goeds van iemand anders nie. Wanneer iemand suksesvol is, word hy of sy beskinder. Wanneer iemand wen, “steel” iemand sy sukses deur sarkastiese aanmerkings agter die persoon se rug te maak.

Behoort ons nie ons siniese harte vir harte vol verwondering te verruil nie? En hoe doen ons dit? Wel, deur te kyk wat Paulus in Filippense 2 voorstel: Ons moet ander behandel asof hulle belangriker as ons is. Onthou, jy is nie die enigste persoon wie se gebede verhoor word nie. Sien die skoonheid in vriende en familie raak ten spyte van die littekens wat seerkry al in hulle lewens veroorsaak het. Kyk vir ’n verandering verby hulle tekortkomings; kyk totdat jy sien hoe God hulle ook in sy genade seën.

Ontsag maak jou kleiner en ander groter. Namate jy kleiner word voor God, verdwyn jou siniese geaardheid. Hoe meer Christus se hart saam met joune klop, hoe meer sal jy die skoonheid in ander raaksien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.