Gedagte vir die dag: Onvoorwaardelike liefde

Argieffoto (Foto: Junior Reis/Unsplash)

“Kyk net hoe ’n groot liefde die Vader aan ons betoon het. Dit is dat Hý ons sy kinders noem, en ons is dit beslis ook.” (1 Johannes 3:1)

Skrifgedeelte
1 Johannes 3:1

Oordenking
In sy boek What’s So Amazing About Grace sê Philip Yancey daar is niks wat ons kan doen wat kan maak dat God ons minder sal liefhê nie, en daar is niks wat ons kan doen wat kan maak dat God ons liewer sal hê nie. Hy het ons ongeag enigiets lief. God het ons lief. Hy het ons lief ten spyte van wie en wat ons is. God se wonderlike liefde hang nie af van ons prestasies nie; Hy kyk nie wie het die meeste vir Hom gedoen nie. Hy is nie liewer vir ons wanneer ons gehoorsaam is en minder lief vir ons wanneer ons misluk nie.

God is ons Vader. Dit is hoekom sy liefde vir ons ’n konstante realiteit is. God sorg vir ons en het ons lief as gevolg van genade. Genade is ’n Goddelike werkwoord, en daarom is genade ook ’n rus-woord vir my en jou. Hou op hardloop. Gaan rus in God se arms. Hy sal die res doen. Hy het jou lief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

In diep dankbaarheid Here bring ek vir U lof en eer…U het my lief sonder dat ek dit verdien. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.