Gedagte vir die dag: Opstand teen God

Foto: baldrics.wordpress.com

Foto: baldrics.wordpress.com

In die hart van die goddelose het die opstand teen God die laaste woord (Ps. 36:1).

“Hoekom is ateïste so aggressief teen God? Ek hoor nooit dat hulle teen feetjies praat nie, hoewel hulle seker ook nie in feetjies glo nie. Is dit nie dalk omdat hulle weI in God glo nie?” vra ‘n vriend. Dit is nogal iets om oor na te dink. Probeer hulle dalk hulle verkeerde optrede regverdig? Of is daar dalk ‘n ander persoon wat agter die skerms besig is om in groot paniek te probeer keer dat mense in God glo en Hom begin gehoorsaam? Eendag in die ewigheid sal dit seker baie interessant wees om die ware motiewe agter mense se optrede te ontdek.

Vandag se teksvers is moeilik om in die oorspronklike taal te verstaan, soos jy sal sien as jy na die 1933-vertaling van die vers kyk. Die bedoeling is egter duidelik, en die 1983-vertaling probeer dit so verstaanbaar moontlik deurgee. Dawid noem homself hier die dienaar van die Here, en beskryf dan hoe die goddelose mens net mooi die teenoorgestelde as ‘n dienaar van die Here doen. Kyk weer na die beskrywing. Lyk dit nie dalk bekend nie?

Vandag is die Here se dag. Hoe gaan jy dit deurbring? Soos ‘n mens van ‘n “dienaar van die Here” sou verwag, of soos goddelose mense vandag sou doen? Is jy werklik anders as wêreldse mense? Ons het nodig om te verander. Kom ons gee die Here vandag kans om met ons te werk.

Gebed:  “Here, ek is ook u dienaar. Help my om vandag ten volle te benut, sodat U u doel met my kan bereik.”

Bron: Uit die Beek, 2012 – Attie van Wijk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jean ·

Psalms 36
1 The transgression of the wicked saith within my heart, that there is no fear of God before his eyes.
2 For he flattereth himself in his own eyes, until his iniquity be found to be hateful.

Deon ·

PSALM 119:95-96

Vers 95 Al staan die goddeloses gereed om my te vernietig, u verordeninge sal ek in ag bly neem.

Vers 96 Ek het ondervind dat alle volmaaktheid perke het, net u gebod het geen begrensing nie.

Maak nie saak hoe die hel blaak van woede nie of wat die goddelose doen nie. Bly net by dit wat die Woord van die HERE jou leer. Hy hou alles in Sy volmaakte hand.

Sy de Wet ·

Mat 12:30 ” Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi. ”
33 is heel verstaanbaar , Lees ook New International version , beste is maar ,lees die hoofstuk . Ja hulle hou nogal van feetjies en goeters ne’

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.