Gedagte vir die dag: Prys die Here oor en oor

kruis (Medium)Psalm 150:4-6 – Prys Hom met ʼn instrument of deur te sing en te dans. Loof Hom deur snare te tokkel en ʼn fluit te blaas. Simbale se klanke roep lof aan die Here uit. Loof Hom deur die suiwer klanke. Elkeen wat asemhaal, luister nou: Loof die Here. Kom prys die Here!

Al is die lewe baie keer nie maklik nie, is daar tog baie goeie tye van grot vreugde en blydskap – tye wat jy op en af spring soos jy oorloop van opgewondenheid. Ek kan my vergaap aan hoe mense kan tekere gaan by sportbyeenkomste (ek self is nie altyd onskuldig nie). Dit is darem lekker as die Springbokke ʼn belangrike wedstryd wen. Dit is darem groot vreugde as jou gunsteling speler Wimbledon of die Franse ope wen. Ja, selfs by perde-resies en motorwedrenne kan mense ongekende vreugde ervaar as hulle held wen. Dan stap jy baie keer Sondag in die kerk in en almal is so ernstig en sommige gesigte hang en lyk nie baie lus om daar te wees nie. Van die musiek is ook nou nie van die beste medisyne om ʼn lang gesig op te kikker nie. Dink vir ʼn slag wie is God werklik. Dink diep oor wat Hy elke dag vir jou doen en wie Hy vir jou is. Ja, die almagtige God is by jou. Die skepper van die hemel en die aarde sê jy is die tempel van die Heilige Gees. Jesus wil in jou kom woon. Hy wil hê jy moet sterf sodat Hy in en deur jou kan leef. Is dit nie genoeg rede om oor opgewonde te raak nie? Is dit nie meer as genoeg rede om te sing en spring nie? Is dit nie genoeg rede om jou hele lewe in sy hande te plaas en daaroor te glimlag nie? Loof die Here! Kom prys die Here!

Die mees volmaakte antwoord wat die mens aan God kan gee, is ʼn lofsang. Wanneer hy God loof, is hy heeltemal vry, het hy heeltemal homself geword. – Johannes Kepler

Gebed: Here, God Almagtig, ek kom loof u Naam. Vader, ek eer U en gee U al my lof. Dankie vir wie U is, Here, en dankie vir wat U elke dag vir my doen.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

doris de beer ·

Sooo bja bly vir dié goeie nuus dat ons nou in Afrikaans kan kuier, FANTASIES !!

Spyker ·

Die mees volmaakte antwoord wat die mens aan God kan gee, is ʼn lofsang. Wanneer hy God loof, is hy heeltemal vry, het hy heeltemal homself geword.

lenie roos ·

Dit klink intresant sal dit geniet om in afrikaans te gesels

Andre Gerber ·

Dis tyd dat ons vrywilliglik die HERE verheerlik in lofprysing soos koning Dawid en daarom het GOD hom verhoog om as koning te heers vir ewig oor sy volk Israel, want sy hart was reg met GOD. Dit kos ons niks, kom ons maak ons harte reg met GOD!!!

giel joubert ·

Ek is Afrikaans en ‘n Christen. Dit Sal lekker wees on in Afrikaans met ander Christenne Te kan kommunikeer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.