Gedagte vir die dag: Prys jou Koning!

Psalm 47:6,7 – Soos ʼn koning wat na sy troon toe stap terwyl die mense Hom hardop toejuig, so juig ons oor die Here as Hy na ons toe kom. Sing, maak God groot met elke lied. Ja, sing en moenie ophou nie, want God is jou koning.

Dit is lekker om soms net so ʼn bietjie laf te raak sonder reëls en regulasies, en van vreugde en blydskap te kan sing, rondspring en dans. Wen was nog nooit sleg nie –ʼn rede om te spring en te dans. ʼn Lekker geskenk was nog altyd vreeslik lekker. Tydens die Olimpiese Spele is die koningin van Engeland toegejuig toe sy by die Olimpiese stadion opgedaag het. Wat ʼn vreugde en rede om te dans as jy werklik besef dat God, die Een wat jou gemaak het, die koning van die heelal is. Ja, die koning van die heelal is ook jou hemelse Pa! Dis maklik en kom baie natuurlik om op en af te spring en jou stem hees te skreeu as jou span wen. Vra my, ek doen dit gereeld. Ek sien dit elke Saterdag op TV op Loftus, Nuweland, Ellispark en vele ander stadions reg oor ons land. Het jy al geleer om jou inhibisies prys te gee en opgewonde te raak oor die Koning van die heelal?

Gebed: Here God, ek wil dit uitskreeu en kliphard uitroep: My Pa is die koning van die heelal. Dankie dat ek U kan ken en Vader mag noem.

Die gelukkigste mens is hy wat van die natuur die les van lofbetuiging en aanbidding geleer het.

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-’n-dag waardeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.