Gedagte vir die dag: Reik uit na mense wat minder as jy het

Psalm 82:3,4 – Julle moet eerder die mense help wat hulself nie kan help nie. Kom op vir die weeskind. Sorg liewer dat dit beter gaan met mense wat swak is en niks het nie. Help die mense wat nood het en wat arm is teen die slegte mense wat geen gewete het nie.

Hierdie wêreld is baie onregverdig. Dink maar net aan sekere woonbuurte waar die huise soos kastele lyk – ja, paleise in die kleine. ʼn Paar kilometer daarvandaan is daar mense wat letterlik in huisies van sink, karton en papier bly. Dit moet verskriklik wees om in yskoue wintermaande is so ʼn plekkie te moet slaap. Dan is daar mense sonder kos en ander wat weer elke dag wonder waar die volgende maaltyd vandaan gaan kom. Ons bly in ʼn land waar hierdie omstandighede ʼn absolute realiteit is. Ons bly in ʼn land met meer as een miljoen weeskinders en honderde duisende weduwees. Dis mense wat as gevolg van hul omstandighede deur baie swaar, seer en pyn is en elke dag sukkel om te oorleef. God se hart is stukkend vir sulke mense en Hy wil hê my en jou hart moet ook stukkend wees vir hulle. Ons kan nie net aangaan met ons lewens asof hierdie mense nie bestaan nie. Ons kan nie net ons oë toemaak en in ontkenning leef nie. Die Here wil hê ek en jy moet by hierdie mense betrokke raak en uitreik na hulle. Wat is jou plan van aksie?

As jou godsdiens jou nie verander het nie, moet jy daaraan dink om jou godsdiens te verander. – William Booth

Gebed: Here. Wys my waar is mense in nood. Breek my hart vir dit waarvoor u hart gebroke is. Ek kies om betrokke te raak en ʼn verskil te maak.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Wat ‘n opwindende opdrag van God om uit te reik en betrokke te raak by diesulkes wie hulp en versorging nodig het. Laat ons ons dankbaarheid teenoor God betuig omdat ons geen gebrek lei nie maar ook die versugting het om andere, wie gebrek het, te help en te voed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.