Gedagte vir die dag: Sê ‘ja’ vir Jesus

Argieffoto (Foto: Aaron Burden/Unsplash)

“Glo in My. Glo dat Ek is wie Ek sê Ek is. Anders gaan julle sonder God sterf” (Johannes 8:24).

Skrifgedeelte
Johannes 8:24

Oordenking
Hoe wéét ons – sonder twyfel – dat Jesus die Seun van God is en dat Hy gekom het om ons te verlos? Jesus gee self hierdie antwoorde vir ons in Johannes 5:36-39:

  • Jesus se dade was bomenslike wonders. Jesus sê self in vers 36: “My eerste getuie is die wonderlike dinge wat Ek doen. Dit is dus ʼn goeie bewys daarvan dat die Vader My gestuur het”.
  • Die tweede getuie dat Hy die ware Messias is, sê Jesus, is die Vader. Toe Johannes Jesus doop, het God self uit die hemel geroep: “Dit is my Seun vir wie Ek baie lief is. Hy verskaf My baie vreugde!” (Matteus 3:17).
  • Die derde bewys is die Bybel self. “Hierdie selfde Skrif praat met oortuiging van My,” sê Jesus in Johannes 5:39.

 

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat ek verseker weet U is wie U sê U is….Onvergelykbare God.. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.