As dit aand word, sal daar steeds lig wees. (Sagaria 14:7)
Ons vrees die ouderdom. Ons vergeet daar sal “lig wees as dit aand word”. Vir baie gelowiges is hul herfsjare die beste tyd van hul lewe. Die vure van die jeug brand nie meer nie, maar die diep gloed van opregte gevoelens is steeds daar.
Ons hoef nie na hierdie tyd op te sien nie. Die son lyk groter wanneer hy sak en dit verleen ’n spesiale heerlikheid aan die wolke. Selfs pyn breek nie die kalmte van hierdie skemertyd nie, want God se krag kom tot volle werking wanneer ons swak is (2 Kor. 12:9).
AMEN
Soms is dinge te veel maar God is in beheer van Alles al lyk dit nie so weer bewys Dankie Jesus opreg