Gedagte vir die dag: Soos parfuum

Skrif: “Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan weggegaan na die gebied van Tirus toe. Daar het Hy in ’n sekere huis tuis gegaan, en Hy wou nie hê dat iemand dit te wete moes kom nie. Tog kon Hy nie onopgemerk bly nie” (Mark. 7:24).

Selfs in hierdie vreemde land waarheen Jesus gegaan het om alleen te wees, kon Hy nie onopgemerk en verborge bly nie. Die woorde van Hooglied 1:3 kom nou skielik by my op: “jou naam is suiwer parfuum”. Die 1953-vertaling sê: “u naam is soos salf wat uitgegiet is”. Dis byna onmoontlik om die reuk en impak van duur en goeie parfuum geheim te hou. Dit het my aan Jesus en Sy teenwoordigheid laat dink. Hy is soos kosbare parfuum. Hy kan nie verborge bly nie. Wanneer Hy waarlik in jou lewe is, sal mense dit gou agterkom – sonder dat jy jou op jou Christenskap hoef te roem. Miskien is dit een van die redes waarom kerke soms leegloop – dalk is daar ʼn tekort aan die parfuum van Jesus se teenwoordigheid.

Gebed: “Ek bid, Here, dat my lewe iets van die kosbare geur van U teenwoordigheid sal versprei. Amen.”

Outeur: Dr. Isak Burger: President van AGS van SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.