Gedagte vir die dag: Stres en ons harte

hartVrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. (Joh 14:27)

Kom ons praat ’n bietjie oor geestelike cholesterol. Wat is dit? Kos, stres, ons leefwyse en ons gene is alles dinge wat fisies cholesterol kan veroorsaak. In die geestelike wêreld is hierdie kos mense. Jy absorbeer (eet) dit wat mense doen en alles wat om jou gebeur. Stres is jou lewens- of wêreldbeskouing. Jou leefwyse is dit wat jy aan jouself doen. In die geestelike lewe vra ons hoe gesond jou geestelike leefwyse is. Jou gene in die geesteswêreld is natuurlik jou Godsbeeld.

Ons moet die Here raaksien in al hierdie situasies en Hom nooi om beheer van ons lewens oor te neem. Daar gebeur soveel dinge in die wêreld wat ’n direkte invloed op ons lewe het. Ons moet egter altyd na die Here toe gaan om vir ons sy vrede te gee. Moenie toelaat dat geestelike cholesterol jou hart van sy vreugde beroof nie.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.