Gedagte vir die dag: Sy lig maak alles lig

Argieffoto (Foto: Natalie Grainger/Unspash)

“By U is die fontein van die lewe, in u lig sien ons die lig.” (Psalm 36:10)

Skrifgedeelte
Psalm 36:10 (NLV)

Oordenking
As God nie die lig in hierdie donker heelal aangeskakel het nie, sou dit steeds pikdonker wees. Sonder lig kan ons niks sien nie – dis soos om ʼn foto in die donker te neem. Geestelik gesproke is dit ook waar: Ek en jy het geen inherente geestelikheid nie en kan uit eie krag nie ons sondige aard oorkom nie. Trouens, ons ken ons gebrokenheid eers as God die lig daarop aanskakel. Ons word eers van God bewus wanneer Hy sy hand op ons skouer lê. Dán kan ons omdraai en opkyk en sy liefdevolle oë sien. Op ons eie sou ons nie omdraai nie. Die Woord sê Hy is die lig, in wie ons die lig sien. Hy maak alles lig.

Gebed

Lig-van-die-wêreld, dankie dat U ook my hart verlig het. Nou ken ek U ook. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ameli ·

U woord is n Lamp vir my voet en n Lig vir my pad.
Die opening van U woorde gee Lig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.