Gedagte vir die dag: Tyd

Psalm 90:2,4 – Nog voordat die berge daar was en voordat U die wêreld gemaak het, ja, van altyd en altyd af is U die ware God. In die Here se oë word tyd nie met ʼn horlosie gemeet of volgens die almanak bepaal nie, want 1 000 jaar is vir U presies dieselfde as een dag.

Daar is min dinge wat my so moedeloos en selfs kwaad maak as wanneer iemand die hele tyd op sy horlosie kyk. Jy probeer ʼn gesprek voer en hy kyk die hele tyd op sy horlosie. Hoe moet ek dit verstaan? Mors ek sy tyd? Is hy haastig op pad iewers heen? Of is dit doodgewoon ʼn slegte gewoonte? God is tydloos. Ja, ek weet dis ʼn baie vreemde begrip en baie moeilik om te verduidelik en te verstaan. Van ewigheid tot ewigheid is Hy God. Dit is totaal onverstaanbaar: So ver as wat enige mens kan terugdink en nog verder terug was God al. So ver in die toekoms in as wat jy kan dink en nog verder sal Hy steeds God wees. God is God – Hy was nog altyd en Hy sal altyd wees. Hy kyk nie kort-kort op Sy Horlosie nie. Nee, Hy is tydloos. Dis skrikwekkend dat duisend jaar vir die Here soos een dag is. Dit wys ons iets van die ewigheidsperspektief waarvan vers 2 praat. God wil ook hê dat ek en jy iets van die ewigheidsperspektief moet staan en dit in ag moet neem as ons leef. Daar is ʼn lewe na die dood – onthou dit vandag en môre en elke dag van jou lewe.

Vir God is tyd en ewigheid dieselfde ding. – Atanasius

Gebed: Here, U is God van ewigheid tot ewigheid. Dankie dat my lewe in u hande is. Help my om in u groot plan doelgerig te leef.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.