Gedagte vir die dag: U is my skuilplek

Argieffoto (Foto: Am Tran/Unsplash)

“U is vir my ʼn skuilplek. U beskerm my teen teëspoed. U omring my met liedere van redding.” (Psalm 32:7)

Skrifgedeelte
Psalm 32:7 (NLV)

Oordenking
God voorsien nie net ʼn skuilplek nie, Hy is ons skuilplek. Soms wil ons net die deur agter ons toetrek en die wêreld met sy gedruis en verwagtings laat verbygaan. Soms wil ons net in die gejaag stop en asem skep, net ons siel kans gee om ons liggaam in te haal.

Waarheen gaan ons as ons nie weet watter kant toe nie? Ons gaan na Hom toe. Hy beskerm ons en bewerk boonop ʼn loflied in ons hart. Vir my – as ek by die Here wegkruip – beteken dit om liedere van lof en oorwinning om my te hoor sodat die waarheid daarvan in my gees kan afsak en my weer sterk kan maak. Jou oorwinning is verseker.

Gebed

Here, dankie vir die oorwinning. Ek wil lofliedere daaroor sing. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.