Gedagte vir die dag: Valsheid

Argieffoto (Foto: Junior Reis/Unsplash)

“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker” (Lukas 11:34).

Skrifgedeelte
Lukas 11:34

Oordenking
Onthou, die oë is die vensters van die hart; daarom moet ons vandag vir onsself ʼn vraag vra: Waarna kyk ons? Ons moet onsself dissiplineer. Daar is soveel mense wat op die oomblik aan depressie, vrees en angstigheid ly as gevolg van dinge waarna hulle kyk. Waarna kyk hulle? Wat dinge soos TV, sosiale media en selfone betref, moet ons onthou: Die vinnigste manier om ons siele te vergiftig, is deur dit waarna ons kyk.

Ouers, julle moet dit waarna julle kinders op hulle selfone kyk, noukeurig monitor. Dit is soos om gesonde kos te eet en gesonde vriendskappe te hê. Ons moet na heilsame programme op ons toestelle kyk. Sommige mense sê dit is oukei om negatiewe, goddelose materiaal te kyk, want dit is hoe jy leer wat veilig is en wat skadelik is. Ek stem glad nie saam nie. Jy weet, wanneer mense opleiding kry om die verskil tussen vals en egte geld te leer, word hulle nie blootgestel aan vals note nie – net die egte note. Wanneer hulle dan note nagaan, word daar elke nou en dan vals note ingesit om hulle te toets – en hulle herken die vals note onmiddellik.

Kom ons hou ons oë op Jesus. Hy is die Een wat vir jou vreugde, hoop en ʼn oorvloedige lewe sal bring (Johannes 10:10).

  • Hierdie oordenking verskyn in Op pad met God deur Angus Buchan. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.