Gedagte vir die dag: Van voor jou geboorte af

Argieffoto

Argieffoto

Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy. (Jer 1:5)

Van voor jou geboorte af het God jou geken. Van vóór jou geboorte af het God ’n plan vir jou lewe gehad. As jy hierdie teksvers lees, is dit mos onmoontlik om te dink dat jou lewe geen betekenis het nie. God weet nog altyd wat jou doel in die lewe gaan wees.

Die probleem is partykeer dat ons allerhande verskonings het hoekom ons nie die Here se pad vir ons wil volg nie, of hoekom ons nie die werk wil doen wat Hy vir ons het nie. Jy dink partykeer jy ken jouself beter as wat die Here jou ken. Ja, jy ken jouself goed, beslis beter as wat jou vriende, jou kollegas of dalk jou man of vrou jou ken, maar die Here ken jou volkome. Hy weet wat is goed vir jou.

Partykeer moet ons net ophou stry en verskonings maak oor hoekom ons nie die Here se plan vir ons lewe volg nie. Al wat jy moet sê, is: “Hier is ek, Here, gebruik my.” En dan kan jy sy wonderwerkende krag in jou eie lewe ervaar.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.