Gedagte vir die dag: Vertrou God!

helpende_hand_mary1.jpgHy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee. Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het. (Rom 4:20-21)

Abraham het ten spyte van onmoontlike omstandighede op God bly vertrou om sy belofte van ’n groot nageslag vir hom waar te maak, en God het hierdie ver troue van hom beloon. Abraham reageer presies andersom as wat óns sou. Ons lees dat sy vertroue al sterker geword het. As óns ervaar dat die dinge waarvoor ons God vertrou het onmoontlik word, gooi ons maklik tou op en vergeet in die proses dat God almagtig is en alles kan doen.

Wanneer dit weer minder goed met jou gaan, vertrou gerus op God se beloftes in sy Woord. Vir mense wat op Hom vertrou, werk alles altyd op die ou end reg uit. Hou ook vas aan Filippense 4:19 as God se beloftes nog nie in jou lewe gerealiseer het nie: “My God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” As jy dit kan reg kry om God vir vandag én vir die toekoms te vertrou, sal Hy in elk een van jou behoeftes voorsien. Want níémand wat op God vertrou het, is nog ooit teleurgestel nie. Onthou net dat God nie ’n tyd stem pel op sy beloftes plaas nie. Hy sal hulle op sy eie tyd na kom – en dit kan beteken dat jy bereid moet wees om Hom te vertrou ook al stap die tyd aan, soos Abraham gedoen het.

Hemelse Vader, ek wil aan U die eer gee en op U bly vertrou, al word u beloftes nog nie vir my waar nie. Amen

Lees Romeine 4:18-25

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.