Gedagte vir die dag: Vertrou op die Here

holding-handsHy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou. (Jes 33:6)

Baie van ons is al deur die lewe seergemaak; daarom rig ons hoë mure om ons op wat ons teen verdere seerkry moet beskerm. Mense vertrou mekaar nie meer nie. Die vrees vir verwerping raak omtrent ’n fobie – jy is te bang om lief te hê, jy is bang om jou eerlike opinie te gee of om net jouself te wees. Alles omdat jy bang is mense verwerp jou of kom jou te na. Ons bly terughoudend en is te bang om onsself te gee. Daarom bly ons eensaam en alleen.

Ons vrees vir verwerping is soms so sterk dat dit oorspoel na ons verhouding met God. Ons dink as ons te veel van onsself gee, gaan Hy ons ook op ’n manier verwerp of wegstoot. Maar God is nie soos mense nie, Hy sal ons nooit verwerp of verneder nie. Ons lees herhaaldelik in die Bybel dat ons op God kan vertrou – Hy sal ons nooit verlaat of in die steek laat nie.

Jy kan jouself volkome vir God gee en op Hom vertrou, Hy sal jou nooit verwerp nie.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.