Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie. (Ps 55:23)
Ons lewens is besig, daar is ’n aanhoudende gejaagdheid in jou binneste, ’n aanhoudende onvergenoegdheid en kompetisie met jouself en met ander; jy móét wen. Hierdie moet-wen-sindroom waaraan baie mense vandag ly, word gebore uit die denke dat God nie meer in beheer is nie. Mense voel daarom hulle is self verantwoordelik vir hulle oorlewing.
Ander mense dink om altyd bekommerd te wees, is net wie hulle is – dit is in hulle gene; daarom is hulle magteloos daarteen. Is dit nie tyd dat ons ons Godsbeeld verander nie? God wil en kan en sal vir ons sorg. Hy is dan ons Vader. Dit is vir seker nie altyd maklik nie, maar gee jou sorge oor aan Hom. Jy kan maar weet dit is waar: Hy sal jou nie in die steek laat nie. Wat jou rede ook al is vir jou gedurige gejaag en kommer, gee jou laste vir Hom, vra Hom om vir jou vrede in jou siel te gee. Hy sal jou nie teleurstel nie.
Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
AMEN net hy kan jo Laste dra