Gedagte vir die dag: Vrede in sy teenwoordigheid

Boekevat - Wortelgat - Berg - ABritsDie vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Fil 4:7)

Het jy al iewers in jou lewe, of dit vir tien sekondes of ’n halfuur is, ware vrede beleef? Het jy al op ’n plek gekom en gedink “Hier wil ek bly”? Daar ís so ’n plek, en dit is by God. Daardie plek waar vrede alle verstand te bowe gaan en jy lief is vir almal, en jy vergewe almal, en jy sien kans vir enigiets. Dit is die wonderlikste plek om te wees.

Dit is waar ek ook wil wees. Ek wil in sy teenwoordigheid leef en werk. Ek wil in sy teenwoordigheid met my kinders speel. Ek wil in sy teenwoordigheid stres hanteer en vergaderings hê. Ek wil oggend, middag en aand in sy teenwoordigheid leef. Maar daarvoor het ons geestelike uithouvermoë nodig. Ons lees in Matteus 24:13 wie tot die einde volhard, sal gered word. Om vrede in God se teenwoordigheid te ervaar moet ons ons daagliks voor Hom gaan verootmoedig en sy leiding vir elke dag vra.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.