Gedagte vir die dag: Vreesloos

praying-handsPs 56:5 – In God, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan ‘n blote mens aan my doen?

“Mamma, ek is bang. Kan ek weer by Mamma kom slaap?” vra ‘n seuntjie. Terwyl Pa op ‘n sakereis was, het sy ma hom toegelaat om by haar te slaap. Sy verduidelik toe vir hom dat Pappa nou terug is, en dat sy by hom moet slaap. “Die ou sissie!” is sy kommentaar.
Dawid het na Gat gevlug, en blykbaar vergeet dat Goliat juis uit daardie dorp gekom het. Die inwoners het hom gou daaraan herinner, en sy lewe was in gevaar. Hy het hom dus mal gehou, sodat die koning van Gat hom laat gaan het {1 Sam 21:12-13). Dawid was darem nie so mal dat hy nie besef het dat die Here sy lewe gespaar het nie. Daarom het hy hierdie psalm geskryf om die Here daarvoor te dank. Hy beskryf sy gevoel dat almal teen hom is, maar dat hy in elke gevaar sy vertroue in die Here stel. Let ‘n bietjie op wat Dawid alles van sy vyande vertel. In vandag se vers vertel hy dat hy sy vertroue op God se woord stel. As God iets belowe het, kan ons dit aanvaar, al kan ons nog nie die uitkoms sien nie. God is sterker as enige mens. En Hy sal nooit toelaat dat ‘n gevaar na sy kinders kom as Hy nie daarmee ‘n doel het nie.

Daar is baie dinge wat ons bedreig. Daar is regtig net een plek waar ons werklik veilig kan voel, en dit is in die middelpunt van God se wil. Kom ons gaan dus vandag saam met sy ander kinders na sy Woord luister. En laat ons daders van die woord wees, en nie net hoorders nie (Jak 1:22).

Gebed: “Here, dankie dat ons vandag ook ons berusting by U kan kry. Neem tog al my vrees weg.”

Bron: Uit die Beek – Attie van Wijk

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.