Gedagte vir die dag: Waar? Dáár waar jy is

Argieffoto (Foto: Cassidy Rowell/Unsplash)

“God se Gees verander ons hart. Wanneer ons met God praat en Hom dien, weet ons dat dit sy Gees is wat ons help” (Filippense 3:3c).

Skrifgedeelte
Filippense 3:3c

Oordenking
Jy het Jesus lief. En juis daarom wíl jy graag ʼn stukkie van sy lig vir die wêreld aangee, maar waar? Waar kan jy tog ʼn verskil gaan maak, sy Woord by mense tuisbring en iets van sy liefde uitdeel? Die antwoord is: presies daar waar jy elke dag leef, werk, ontspan – daar waar jy ís. Want die plek waar jy nou is, is die plek waar God jou kan en wil gebruik.

Jou “dáár” is in jou huis tussen die mense wat jy liefhet, maar wat jou tog die heel kwaadste kan maak. Dit is tussen jou kollegas by die werk: hulle saam met wie jy lekker werk, maar ook hulle wat jou frustreer en vies maak. Jou dáár is waar jy inkopies doen: die persoon wat die rakke uitpak, die kasregisterdame en die dikwels onaansienlike mens wat nederig jou sakke pak en jou motor oppas. Jou dáár is ook jou familie, jou vriendekring, die mens wat vandag jou pad gaan kruis.

  • Hierdie oordenking verskyn in Net soos jy is deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.