Gedagte vir die dag: Wag dertig sekondes vir die waarheid

See-strand-rus-boekevat.jpg

Foto: flowercampings.com

Ons tree op met die wapens van geregtigheid in ons regter- en linkerhand, in eer en oneer, in veragting en aanprysing; soos verleiers, en tog is ons opreg; soos onbekendes, en tog is ons goed bekend; soos mense wat sterwend is, en kyk, ons lewe; as gegéseldes, en tog is ons nie doodgemaak nie; as bedroefdes, en tog is ons altyd blymoedig; soos bedelaars, maar ons verryk baie mense; soos mense wat niks besit nie, en tog besit ons alles. (2 Korintiërs 6:7-10)

As jy vir mense vra hoe dit gaan, hoor jy dadelik: “Dit gaan goed, dankie!” Maar wag net dertig sekondes dan hoor jy hoe dit eintlik met hulle gaan. Dan kom die volle waarheid uit; hulle is gekrenk, beswaard of sommer net pleinweg omgekrap.

Elkeen het goeie redes hiervoor. Op die een of ander manier is ons almal slagoffers. Om egter hier uit te kamp, trek ons net dieper in ’n dodelike spelpatroon in. Dan moet ons gedurig kompeteer vir die “slagoffer van die week”-trofee!

By Paulus leer ek deur die hele 2 Korintiërs 6 dat die Here ons geroep het om hoop-verspreiders te wees. Paulus vertel hier hoe hy vervolg, beledig en vertrap is. Nogtans het hy nooit sy hoop in Christus verloor nie. Trouens, Paulus vertel dat, hoewel hy brandarm was, hy gedurig ander ryk gemaak het in die Here. Kom ons leer by hom.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.