Gedagte vir die dag: Wanneer jy twyfel

Argieffoto (Foto: Aperture Vintage/ Unsplash)

“Toe sê Jesus se twaalf apostels vir Hom: “Here, dit is so moeilik om al hierdie dinge te doen wat U sê. En ons geloof is so klein. Gee ons asseblief nog geloof” (Lukas 17:5).

Skrifgedeelte
Lukas 17:5

Oordenking
Daar is tye in enige mens se lewe wanneer twyfel aan jou hart knaag. Twyfel oor God, die waarheid van die evangelie en dalk selfs sy liefde vir jou. Soms wonder ons wanneer sy belofte van die wederkoms dan ooit ʼn werklikheid gaan word. Of ons bid vir baie lank oor iets en dit voel of Hy nie hoor nie. Ander kere tref rampe, pyn en teleurstellings ons en dan wonder ons of God daar is; of Hy ons gestoei sien uitkoms gaan gee.

As jy soms deur sulke dale van twyfel gaan, is jy nie ongelowig nie. Nog minder gaan jou Vader jou daaroor verwerp. Nee, jy is maar net mens.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus vir U liefde en geduld met n feilbare mens soos ek….ek wil elke belofte in U Woord my eie maak… Amen

isabelle ·

so beleef ek daai dae! Stres en teleurstelling in oorvloed
Dankie vir die boodskap.
Here, asb laat U plan vir my geskeid,U tyd en nie my tyd nie Here. Ek breek elke vloek oor my en spreek lewe en geluk,U maak die onmoontlike moontlik AMEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.