Gedagte vir die dag: Wanneer klippe praat

klippe

Foto: Scott Webb/Unsplash.com

“Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met sy liefde. Dit doen Hy deur die Heilige Gees wat by ons bly” (Romeine 5:5).

Skrifgedeelte
Romeine 5:5

Oordenking
Kan klippe praat? Ja: Wanneer die mensdom God wil stilmaak. Dis wat Jesus sê wanneer die godsdienstige leiers dié wat Hom in Jerusalem verwelkom, probeer stilmaak. Dalk moet ons ’n slag na die klippe om ons begin luister.

Die mensdom probeer God se stem stilmaak deur harder te skree en Hom mis te kyk. Geen wonder nie ons beleef wat ’n vriend van my “’n Godsverduistering” noem. Met ons moderne brandblussers dink ons ons kan God se brandende bos blus. Met ons slim teorieë oor die Bybel dink ons ons het die krag en outoriteit om ’n “nadoodse ondersoek” op die Skrif uit te voer. En dan wonder ons hoekom daar soveel chaos in die wêreld is.

Gelukkig is God nie ’n gevangene van ons ongeloof, woede, bitterheid en arrogansie nie. Hy hou nie op om Homself te wees wanneer ons ophou om respekvol, vol geloof en nederig te wees nie. Hy is onveranderlik. Hy laat Hom vind deur elkeen wat genade soek. Hy verwyder die Godsverduistering wanneer sy genade duisternis oorwin. Dit is waarom ons vandag hoop het!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.