Gedagte vir die dag: Ware rykdom

Psalm 84:11 – Dit is vir my lekkerder om een dag in u huis te wees as duisende dae sonder U in die poele van plesier. Ek sal liewe net ʼn deurwag in u huis wees as om in die grooste paleise saam met mense te bly wat nie van U hou nie.

Die lewe is soms ʼn gejaag na wind. Mense skarrel, jaag en raak mal soos hulle soek na geld en besittings. Dis wat die Prediker noem ʼn gejaag na wind. Mense is baie goed daarmee om bymekaar te maak, op te gaar en nog en nog wil hê. Daar is net geen versadigingspunt en punt van tevredenheid nie. As mense uiteindelik het wat hulle wou gehad het, kom hulle agter hulle is steeds nie versadig nie. Dan kom hulle agter ware rykdom lê nie in geld en besitting nie. Jou groot bankrekening of baie huise gaan nie die diep vrede en vreugde vir jou bring waarna jy smag nie. Daardie diep geluk is steeds buite jou bereik solank geld en besittings jou norm vir rykdom is. God en God alleen versadig. ʼn Verhouding met Jesus – 24/7 – dis wat versadig. Dis wat ʼn diep tevredenheid bring. Dis wat die vrede gee in ʼn wêreld van geweld en oorlog. Oorvloed lê in God en in Hom alleen. Hou op soek. Hou op skarrel. Vind rus, vrede en tevredenheid by Jesus.

Die armste mens wat ek ken, is die mens wat niks anders as geld besit nie. – John D Rockefeller

Gebed: Here, dankie dat U vrede gee. Dankie dat U oorwinning gee. Dankie vir lewe in oorvloed by U. Niks oortref U in waarde nie.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.