Gedagte vir die dag: Wat tel regtig?

bigstock_Friends_Holding_Hands_Outdoors_20295932 Kon 15:28 – Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here: hy het nie afgesien van die sondes wat Jerobeam seun van Nebat vir Israel laat doen het nie.

“Wat gaan jy word as jy eendag groot is?” word dikwels aan kinders gevra. Dan kry ons allerhande interessante antwoorde, soos brandweerman, ruimtereisiger, ballerina, of boer soos my pa. Een seuntjie het geantwoord dat hy “moontlik” wil word, want sy pa sê vir hom hy is onmoontlik. Vir die Bybelskrywers was die heel belangrikste vraag om oor iemand te vra: Het hy gedoen wat reg is in die oë van die Here? Dit is die een ding wat regtig tel in die lig van die ewigheid. Wat sou hierdie skrywer oor jou kon skryf? Peka het met ‘n staatsgreep aan die bewind gekom (2 Kon 15:25). Uiteindelik is hy self in ‘n staatsgreep doodgemaak (v 30). Dit lyk asof koningskap in daardie tyd ‘n hoërisikoberoep was. En mense wat deur geweld aan bewind gekom het, is dikwels deur geweld ontsetel. Wat jy saai, sal jy maai. Soos in baie lande in Afrika vandag, het demokrasie nie eintlik iets te doen gehad met wie regeer nie. En die gewone mense moes die spit afbyt, want baie van die stede is met geweld ingeneem en die inwoners is dan as slawe weggevoer (2 Kon 15:29). Die Here Jesus vertel ons dat dit nie by die laaste oordeel sal gaan oor watter motor ons gehad het, of hoe groot en mooi ons huis was, of hoe dik ons beursie was nie. Dit sal gaan oor hoe ons ons medemense behandel het (Matt 25:40). Dit is wat tel in die oë van die Here.

Gebed: “Here, dankie vir u genade aan my. Help my om voluit vir U te lewe.”

Bron: Uit die Beek -Attie van Wijk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.