Gedagte vir die dag: Weeg jou woorde

weegPsalm 141:3 – Here, help my om nie onnodig te praat nie.

Dit is verskriklik om soms TV te kyk en te sien hoe mense in oorloggebiede op mekaar skiet. Die koeëls vlieg oor koppe en mense hardloop en soek desperaat skuiling. ʼn Koeël is baie gevaarlik en wanneer so ʼn koeël jou tref, is die kans baie goed dat jy morsdood gaan wees. Die meeste van ons is baie gelukkig en kom nooit in so ʼn situasie nie. Om te vlug van ʼn koeël is vir die meeste van ons ʼn totaal vreemde en onbekende ervaring. Daar is egter iets anders wat soos koeëls kan tref en dit is woorde. Die skade wat woorde kan aanrig aan iemand anders is geweldig. Mens kan so fokus op mekaar se foute en die negatiewe dat hulle woorde soos koeëls tref en vernietig. Mense kan mekaar so beledig, beskinder en slegsê dat woorde soms meer skade aanrig as enige koeël. Dalk het jy ervaring van woorde wat jou al baie seergemaak het. Dalk kan jy terugdink aan ʼn onlangse tyd waar jy dalk iets onverantwoordeliks aan iemand anders gesê het. Ons kan mekaar vernietig met woorde. Woorde is gevaarlike wapens. Daarom waarsku Dawid my en jou dat ons versigtig moet wees met ons woorde. Weeg jou woorde. Tel jou woorde. Verheerlik God met jou woorde.

As een sin sy doel nie tref nie, dan is duisend woorde ook ʼn verspilling. – Chinese spreekwoord

Gebed: Here, help my om te dink voordat ek praat. Help my dat elke woord wat ek uiter ander mense sal opbou en U sal verheerlik.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.