Gedagte vir die dag: Wees jý die lig

(Foto:
Josh Boot/Unsplash.)

“Julle is ʼn lig vir die donker wêreld rondom julle. Almal moet kan sien dat julle glo. Julle geloof moet net so sigbaar wees soos ʼn stad wat hoog bo-op ʼn berg gebou is” (Matteus 5:14a).

Skrifgedeelte
Matteus 5:14a

Oordenking
Kerstyd is ligtyd: daar is Kersbome en strate vol liggies, sterre in ons kinders se afwagtende oë en lig in ons harte omdat ons sommer net weer onthou dat die Kind ons kom verlos het. Tog kan Kerstye ook spanningsvolle tye wees. Daar is ondanks die oorvloed in die winkels, mense wat steeds honger is, steeds baie swaar kry en steeds so bitter eensaam is. Juis daarom is Kerstye meer as ooit die geleentheid om ook die lig in iemand anders se hart aan te steek.

Kom ons neem onsself voor om in hierdie dae ʼn sagte hart te hê deur:

  • Ekstra verdraagsaamheid en begrip in ons harte te hê.
  • Ekstra liefde, vergifnis en goedheid uit te deel.
  • Met ekstra oop-oë ander se nood raak te sien.
  • Daadwerklik ʼn verskil te maak.

 

  • Hierdie oordenking verskyn in Net soos jy is deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.