Gedagte vir die dag: Wees ʼn voorbeeld vir ander

Argieffoto (Foto: Am Tran/Unsplash)

“Wees ʼn voorbeeld vir alle gelowiges deur wat jy leer, in die manier waarop jy lewe, in jou liefde, jou geloof en jou integriteit.” (1 Timoteus 4:12)

Skrifgedeelte
1 Timoteus 4:12 (NLV)

Oordenking
Mense sê soms: “As jy nie ʼn goeie voorbeeld kan wees nie, wees ten minste ʼn verskriklike waarskuwing!” of “Moenie doen wat ek doen nie, doen wat ek sê!” Ja, in baie gevalle word dit grappig bedoel, maar hoe kan ek iets van iemand verwag wat ek nie bereid is om self te doen nie? Dit kan mos nie reg wees nie, want dit sal beteken dat ek vals is, ʼn waarskuwing hoe ander mense nie moet lewe nie.

As ek ʼn volgeling van Jesus is, roep Hy my om elke dag te leef gevul met sy liefde en diensbaarheid. Ek moet sy voorbeeld volg in alles wat ek doen en sê. Ek het nooit die luukse om te doen en te leef soos ek wil en dan agter my swakhede en foute te skuil nie.

Nee, ek moet verantwoordbaar wees aan die Here wie se las lig is. En ek weet Hy is altyd daar om my te help en sterk te maak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.