Gedagte vir die dag: Wen die prys

Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Filippense 3:13

Regoor die wêreld is baie atlete tans besig om voor te berei vir die Olimpiese Spele. Paulus het baie daarvan gehou om die Christelike lewe as ‘n wedloop te beskryf en die raad wat hy aan Christene gee is dieselfde wat afrigters vandag nog aan atlete gee wat vir ‘n wedloop voorberei.

Wanneer jy aan ‘n wedloop deelneem, kan jy nie op jou louere rus nie en jy kan ook nie voortdurend aan vorige mislukkings bly dink nie.

Jy moet fokus op die wedloop waaraan jy nou deelneem.  Deur voortdurend om te kyk, kan jou die eerste plek kos.

Ons moet onthou dat Christus reeds die prys vir ons behaal het, maar ons moet gefokus bly ten einde die hemelse prys te kan opeis.

In Paulus se tyd het die wenners van die Griekse wedlope ‘n kroon van lourierblare ontvang en soms ‘n bedraggie geld. Vandag se Olimpiese wenners ontvang ‘n goue medalje, en heel dikwels aansienlike geldpryse van hulle dankbare lande asook winsgewende borgskappe.

Paulus herinner ons daaraan dat wanneer ons die Christelike wedloop voltooi het, ons ook ons prys sal ontvang, ons hemelse prys van ewige heerlikheid.

“Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.” Kolossense 3:1-4

 Gebed: Almagtige Vader, ek dank U vir al die seëninge en sukses wat ek uit u hand ontvang. Skenk aan my die genade om nie in die verlede te leef nie, maar om elke dag vir U te leef.  Gee my krag Here, om my lewenswedloop tot u eer te hardloop. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-’n-dag waardeer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.