Gedagte vir die dag: Wie is ek?

seënLuister, so sê die Here wat jou geskep het: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jes 43:1)

Dit gebeur soms dat wanneer kinders deur ’n rebelse stadium gaan, hulle ’n sielkundige gaan sien om hulleself te ontdek. Dit is wat ons vandag gaan doen – ons gaan uitvind wie ons is. Of meer presies: wie ons in God is.

Hoe jy jouself sien, het ’n groot invloed op hoe jy God sien en hoe jou verhouding met Hom lyk. Die manier hoe jy leef, hoe jy oor Hom getuig, hoe jy die lewe sien en ervaar begin alles by jou identiteit. En ons weet waar ons identiteit lê: Ons is God se kinders. Hy is ons Vader. Ons kan liefhê, want Hy het ons lief. Ons kan vir mekaar omgee, want Hy gee vir ons om. En ons hoef nie bang te wees vir die wêreld nie, want Hy sorg vir ons. Ons is kosbaar en spesiaal en het ’n belangrike rol om in die lewe te vervul.

Sê vir jouself: Ek is belangrik en kosbaar, want ek is ’n kind van die allerhoogste God.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.