Gedagte vir die dag: Gedoop met die Heilige Gees

sonsopkoms_lewe-voluit_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het. Julle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word. (Hand 1:4-5)        

Jesus het vir die dissipels gesê hulle moet in Jerusalem wag. Wag waarop? Om met die Heilige Gees gedoop te word, vir die Heilige Gees om oor hulle te kom en hulle te vul. Hierdie gawe van God is ook vir jou vandag beskikbaar.

Lank gelede het ek in die plaaslike koerant gelees dat ’n man na ons dorp toe kom om te bid dat die mense met die Heilige Gees vervul sal word. Ek het vir my vrou, Jill, gesê: “Ek wil gaan.” Die man het ons oor die Heilige Gees begin leer en gesê: “Jy kan nie aan die Heilige Gees raak nie; jy kan nie die Heilige Gees voel nie, maar jy sal weet wanneer Hy in jou hart is.” Ná die tyd het hy ’n eenvoudige gebed vir ons elkeen gebid.

Daardie dag het die krag van God se Gees oor my gekom. Hy het my lewe verander. Hy het die vrees, die onsekerheid en die ontoereikendheid weggeneem. Hy het my met visie en met sy krag gevul. Ek het besef dat ek groot dinge vir Jesus kan doen, as ek Hom net sal vertrou en in Hom sal glo. My visie het daardie dag verbreed. Joune kan ook. God sal enige man en vrou gebruik wat die Heilige Gees nooi om in hulle lewe in te kom. Met die Heilige Gees in ons sal ons getuies vir Christus wees tot in die uithoeke van die wêreld.

Heilige Gees, vul my vandag met u krag sodat ek ’n getuie vir Jesus Christus op hierdie aarde kan wees. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.