Gedagte vir die dag: Geduld

see_vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

My sterkte, op U wag ek, want U, o God, is my skuilplek. (Psalm 59:10)

Die enigste manier om geduld te ontwikkel, is om in ’n posisie te wees waar jy dit nodig het. Dit voel dalk of jy vasgevang is in omstandighede wat nooit verander nie omdat God wil hê jy moet leer om Hom te vertrou in hierdie oorgangstyd. God sal jou omstandighede verander wanneer dit sy volmaakte tyd is om dit te doen, en wanneer God se tyd reg is, sal die tydsberekening ook vir jou perfek wees. Jou tyd in hierdie wagtyd is nie vermors as jy God dien net daar waar jy is nie.

Waarvoor vra God moet jy wag?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat ek U volkome kan vertrou vir alles in my lewe….U tydsberekeing is perfek….vergewe my ongeduld

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.