Gedagte vir die dag: Gee die leisels oor

stiltetyd_strand_stap_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom. Moenie die mens beny wat op sý manier floreer, of jou verknies oor sy bose planne nie. (Psalm 37:7)

Vertrou God om jou voetstappe te rig. Vertrou Hom om die weg te baan, om jou fisies en emosioneel te beskerm. Vertrou Hom met jou reputasie.

Wanneer ’n kwaadwillige mens jou teenstaan, is dit moeilik om nie jouself te verdedig nie. Laat jou reputasie en die regverdiging daarvan aan God oor.

God weet wat waarlik belangrik is in die ewigheid. Hy weet ook wat nié is nie. Hy leer jou om die groter prentjie te sien. God leer jou om die ewige, geestelike konteks te sien waarbinne jy leef.

Dink na oor die groter konteks, dan sal jou hart en emosies minder geneig wees om by kleinlike argumente betrokke te raak. Maak jou hart stil, maak jou frustrasies stil, en laat God toe om God in jou lewe te wees. Laat Hom toe om jou pad gelyk te maak, om jou te maak.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Matt Heyns ·

Hierdie bewering raak kant nog wal omrede die ewige waarhede die mensdom nie beskore is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.