Gedagte vir die dag: Gee genade, ontvang genade

paartjie_natuur_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Hou op om ’n oordeel oor ander uit te spreek. Dan sal God ook nie ’n oordeel oor julle uitspreek nie. Hy sal julle beoordeel soos julle ander beoordeel. Die kriterium waarmee julle ander oordeel, sal ook vir júlle gebruik word. (Matteus 7:1-2)

Dit is baie makliker om ander te oordeel as om jouself te ondersoek. Ons kritiseer volgens ons standaarde. Ons besluit hoe ons broer sy emosies moet beheer. Hoe beskeie ons bure se tiener moet wees. Hoe ons suster haar geld moet spaar. Hoe ons dominee moet preek. Hoe ons vriende hulle kinders moet grootmaak. Hoe ons baas die afdeling moet bestuur. Ons skep ons eie definisie van reg en verkeerd, onafhanklik van God se Woord.

Laat God vandag God wees. Vertrou op Hom om met ander mense se sonde af te reken, op sy manier en op sy tyd. Glo dat die Gees die wysheid kan gee wat nodig is. Onthou dat julle elke dag vergifnis nodig het. “Want daar is niemand op aarde wat regverdig is nie, niemand wat net goeddoen en nooit sondig nie.” (Prediker 7:20) Ons sou almal verlore gewees het as dit nie vir Jesus was nie.

Bid vandag vir nederigheid. Vra vir die Here om julle opreg te maak. Goedhartig. Vry van skynheiligheid. Gehoorsaam aan sy Woord. Laat sy liefde en genade julle harte vul.

Here, bewaar ons daarvan om oor ander mense te oordeel. Vul ons met genade teenoor almal. Amen.

Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.