Dan sal jy ’n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie. (Spreuke 23:18)
Ons weet nie wat die toekoms bring, want dit is net God se geheim; gee dat ons elke dag voluit sal leef tot U op die wolke verskyn.
Wat jy van jouself dink, is belangriker as wat ánder van jou dink. Daarom moet jou lewe só wees dat jy daarmee tevrede is, dat dit aan jou standaarde voldoen en binne die riglyne van jou beginsels is.