Gedagte vir die dag: Gee ons vandag ons daaglikse brood

Koringare

Foto: Revivalhut.com

‘Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.’ (Johannes 6:51)

Kom ons wees realisties – die mens moet eet om te kan leef. Jesus ver­staan dus dat sy dissipels ook vra dat hul fisieke behoeftes versorg word. Maar dis al wat ons nodig het – genoeg vir een dag, ons daaglikse brood. Soos die Israeliete in die woestyn wat net manna vir een dag moes versamel, moet ons op die Here vertrou vir ons lewensonderhoud. Niks sal egter in ons skoot val nie. Diegene wat nie werk nie, sal ook nie eet nie (lees 2 Tessalonisense 3:10).

Maar wat van die dag wanneer ons nie meer in staat is om te werk nie? In vandag se veranderende ekonomiese omgewing moet ons tog voorsiening maak vir ons oudag. Dis relevant, want baie bejaardes sukkel om met klein pensioene oor die weg te kom. Daar is egter ook mense wat nie die einde van hul skatte ken nie, op hul oudag met die wit brood onder die arm loop en kla en van suinigheid krepeer.

Om meer te wil hê as wat jy nodig het, lei nie net tot selfsug nie, maar tot opstandigheid en stakings by die werkplek. Ja, daar is rykes wat heeltemal té goed leef. Van die vroegste tye af was daar mense wat meer as ander kon versamel. Aan hulle gee God die opdrag om na die armes om te sien. ‘Gee óns vandag óns daaglikse brood’, laat Jesus sy dissipels bid. Die brood is dus nie vir my om alleen op te eet nie, maar vir my om met ander te deel. God wil hê ons moet mekaar help.

Jesus, U leer ons om te deel en U het alles weggegee – ook u liggaam. Help ons om te verstaan dat ons liggaamlike behoeftes tydelik is. Net U kan ons geestelike honger vir ewig versadig. Dankie, Jesus, vir hierdie baie spesiale brood.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theuns ·

Dankie vir ons daaglikse brood en help ons om die wat minder bevooreg is te help! Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.