Gedagte vir die dag: Gee vrygewig

koringveld_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle het ’n groot oes verwag, maar min gekry. Waarom? Omdat my huis in puin lê, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan sy eie huis te werk. (Haggai 1:9)

Suinige mense besnoei hul bydraes aan die kerk se bediening en sendingwerk en noem dié besparing “goeie ekonomie”. Hulle vergeet dat om die huis van die Here af te skeep, ’n goeie manier is om hul eie huise te vernietig.

Die Bybel leer ons dat die Here dié verryk wat vryelik gee en die gierigaard die tragiese gevolge van sy suinigheid laat ontdek. Ek het gesien dat die mees vrygewige Christene altyd die gelukkigste is. Selfsug kyk eerste na sy eie huis, maar goddelikheid soek eerste die koninkryk van God en sy geregtigheid (Matt. 6:33). Dit verg geloof om so vrygewig te wees, maar die Here verdien dit beslis.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.