Gedagte vir die dag: Geen genade meer oor nie

see_storm.jpg

Foto: thefamouspix.com

Alles draai om Jesus Christus. Daar is geen versoening met die Vader, en geen nuwe lewe en vergifnis van sondes sonder Jesus nie. Om Jesus te verwerp en sy gesag, posisie en status te ontken laat ’n mens met geen manier om van God se oordeel gered te word nie. Die boodskap is duidelik: Ontken Jesus, of ontken jou­self. Bid vandag dat Jesus jou alles sal bly al verloor jy jou lewe, want sonder Jesus het ons niks.

Enige persoon wat die wet van Moses verbreek het, is op die getuienis van twee of drie mense sonder enige begenadiging doodgemaak. Dink net hoeveel swaarder sal die straf van daardie mense wees wat die Seun van God onder hulle voete vertrap en die verbondsbloed wat hulle geheilig het, met minagting bejeën en die Gees van genade beledig het. (Hebreërs 10:28-29)

 Elkeen wat nie die Seun erken nie, het ook nie deel aan die Vader nie. Elkeen wat die Seun egter erken, het ook deel aan die Vader. (1 Johannes 2:23)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Des jelliman ·

SONDER GOD IS DIT ONMOONTLIK VIR ONS AS MENS OM VOORT TE BESTAAN

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.